Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 17 APRIL 2016

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jounaam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuusbulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 plaaslike tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS0JPL.

‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za,afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.


IN DIE NUUS VANDAG

AMSAT SA SIMPOSIUM

SOEKTOG NA LEWE OP ANDER PLANETE

RAE NUUS

PROJEK LEXICON

OKOSA/ SARL KWARTAAL VERGADERING TERUGVOER

Bly ingeskakel vir meer hieroor en ook ander interessante nuus items.

** As alles volgens plan verloop sal die Qatar Sateliet maatskappy se tweede sateliet, Es'hail-2, in ‘n geostasionêre wentelbaan geplaas word deur ‘n SpaceX vuurpyl gedurende Desember 2016. Hierdie sateliet sal ‘n AMSAT transpondeerder aan boort he met opskakel frekwensie in die 2,4gHz band en afskakel sal 10,489 gHz wees. Bandwydte sal 250 khz wees

Hannes Coetzee ZS6BZP sal tydens die AMSAT SA ruimtesimposium ‘n dokument ter tafel lê. Dit sal as voorbereiding dien vir die wat gereed wil maak om hierdie nuwe, geo stasionere aankomeling, te verwelkom.

Die operasionele spesifikasies van die transpondeerder en moontlike tegniese oplossings asook op en afskakel behoeftes sal bespreek word. Die fokus sal, soos gewoonlik, wees op op die mees koste effektiewe toerusting vir amateur gebruik.

Bespreek nou vir die geleentheid wat op 28 Mei by die Inovation Hub in Pretoria gehou word. Meer inligting kan verkry word en registrasies kan gedoen word via die AMSAT SA webblad www.amsatsa.org.za. Daar sal weereens afslag gebied word aan vroee besprekers en ook aan SARL en AMSAT SA lede

** Destyds is daar geglo dat die aarde die middelpunt van die heelal was en dat die son, maan en sterre om die aarde wentel. Dit het egter alles verander toe Galileo met daardie eerste primitiewe teleskoop die ruimte in getuur het.

Intussen is reeds meer as 2000 eksoplanete bevestig uit meer as 6000 hemelligame wat reeds ontdek is. Ons son, wat eintlik ‘n ster is, is reeds meer as 4,5 biljoen jaar oud en daar word geraam dat daar meer as 200 miljoen ander net soos hy bestaan, sommige etlike miljoen jaar ouer.

Indien lewe op een van hierdie ouer planete ontstaan het behoort dit teen dié tyd heelwat verder gevorder te wees as ons. Gestel nou dat van hierdie leefvorme ook met radio speel of gespeel het dan is dit moontlik dat van daardie seine nou eers die aarde bereik of dalk steeds onderweg na ons mag wees.

Dit is juis met hierdie in gedagte dat SETI, die “Search for Extra Terrestrial Inteligence” nou ‘n grootskaalse poging van stapel gestuur het om deur middel van twee van die wereld se grootste radio teleskope ‘n soektog te loots. Hierdie soektog word moontlik gemaak deur ‘n borgskap van 100 miljoen dollar. Hierdie soektog sal die band segment 1 tot 10 GHz beslaan met ‘n golflengte van 30 tot 3 cm. Hierdie deel van die spektrum is tans nog relatief vry van mensgemaakte steurings en bied dus die beste kans op die ontdekking van buitenste ruim intelegensie.

Indien hierdie soektog egter onsuksesvol is, kan ons steeds ons hoop vestig op ons eie vierkantekilometer opstelling wat met ongeveer 3000 skottels teen 2024 aan lyn behoort te kom om geskiedenis te maak en daardie ontwykende sein te ontdek.

** Die SARL en OKOSA het tydens hul kwartaal vergadering verskeie sake bespreek. Die SARL se 5nHz verslag oor die pad vorentoe is bespreek en geniet tans aandag vanaf die frekwensie lisensieering afdeling. Die volgende stap is om die SARL se versoek aan die OKOSA raad voor te le. Die vrystelling van amateur toerusting is ook bespreek, en die partye sal binnekort ook tot ‘n vergelyk probeer kom oor hoe om die situasie te hanteer en watter toerusting vrygestel sal word. OKOSA hoop om die nodige dokumentasie teen Augustus ter tafel te le. Hierna sal openbare verhore, hoepelik teen September, in die verband gehou word. ICASA expects to release a discussion paper around August. Daar sal ‘n voledige verslag in die volgende SARL nuusbrief wees.Die SARL was tydens die vergadering deur Hans van de Groenendaal ZS6AKV, Fritz Sutherland ZS6SF en Geoff Levey ZS6C verteenwoordig.

** Registrasie vir die Mei 2016 RAE het nou amptelik gesluit. Eksamen nommers gaan binne die volgende twee weke geskep word. Die eksamen nommers sal per epos aan die student bekend gemaak word. Eksamen nommers sal ook op die SARL webblad gepubliseer word. RAE student word alles van die beste toegewens met hulle voorbereiding vir die eksamen. Navrae kan gerig word aan rae@sarl.org.za

** Projek Lexicon, wat werk aan ‘n Afrikaans/ Engelse woordelys vir gemik op amateurradio, is in volle swang. Die projek webblad se ledetal groei steeds en nuwe lede is steeds welkom om in te skakel. Onthou meer hande maak ligte werk.

Die span hoop om die projek teen einde September van hierdie jaar te kan afsluit. Besoek die webblad www.projeklexicon.co.za, registreer en deel in die ontwikkeling van die eerste tweetalige amateurradio gerigte woordelys. Dankie aan almal wat reeds hul gewig agter die projek kom gooi het. Die volgende projek vergadering is op 22 April 2016.

** Registrasie vir die Mei 2016 RAE het nou gesluit.Eksamen nommers gaan binne die volgende twee weke geskep word.Die eksamen nommers sal per epos aan die student bekend gemaak word.Eksamen nommers sal ook op die SARL webblad gepubliseer word. RAE student word alles van die beste toegewens met hulle voorbereiding vir die eksamen. Navrae kan gerig word aan rae@sarl.org.za

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag tot matig gaan wees. Groot sonvlek AR2529 gaan die bron van C-klas sonfakkels wees.
Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer 38 vir die week gebruik.

Amateurs kan goeie openinge op die 20 tot 10 m DX bande verwag.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.


Kom ons loer na gebeure vir die volgende paar weke

17 April - sluitingsdatum vir Autumn QRP kompetisie logstate

18 April - Wêreld Amateurradio Dag

24 April - die ZS4 Naelloop

25 April - sluitingsdatum vir artikels vir die Mei Radio ZS

Om die bulletin mee af te sluit ‘n opsomming van ons hoofberig: Teen Desember behoort die eerste AMSAT geo stasionere sateliet in sy wentebaan geplaas te word. Tydens die AMSAT SA ruimtesimposium wat op 28 Mei by die Innovation Hub in Pretoria gehou word gaan Hannes Coetzee, ZS6BZP, op die tegniese aspekte van hierie sateliet fokus. Bespreek nou jou plek deur ‘n besoek aan die AMSAT SA webblad www.amsatsa.org.za te bring


Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

** Die Suid-Afrikaanse Radio liga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radio liga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum vooraf gaan nie.

Luister ook elke Sondagoggend om 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laersyband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 4 685 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za.Sentechborg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radio liga, saamgestel deur Dawie Conradie, ZR6DHC, geredigeer deur Ryan Gibson, ZS6GGR, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse nuus span groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens

/EX















Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003